Inligting Pakket - 2019

Saterdae & Publieke vakansie dae

R51 500 vir 100 gaste

  • Minder as 100 gaste –  R100.00 per person
  • Meer as 100 gaste – plus R200.00 per persoon


Vrydae

R43 750 vir 100 gaste

  • Minder as 100 gaste –  R100.00 per person
  • Meer as 100 gaste – plus R200.00 per persoon


Weeksdae & Sondae

R27 500 vir 100 gaste

  • Minder as 100 gaste – plus R100.00 per persoon
  • Meer as 100 gaste – plus R200.00 per persoon



Winter Mei - Augustus

  • Vrydae R37 500 vir 100 gaste
  • Saterdae R43 750 vir 100 gaste
  • Minder as 100 gaste – R100.00 per persoon
  • Meer as 100 gaste – plus R200.00 per persoon


*Minimum 50 persone – Maksimum 200 persone

*Die venue is beskikbaar vir streng 9 ure, bv. 15:00-24:00 of 16:00-01:00

Neem kennis: NIKS LATER AS 01:00. Tydens die winter pakket SLEGS TOT 24:00

Alle Pakette

  • Meer as 100 gaste – plus R200.00 per persoon

Kinders ekstra:

  • Gratis – Kinders 0- 4 jaar
  • R85.00 per kind 5-10 jaar

INGESLUIT BY DIE PRYS:

Kapel

  • Podium
  • 10x Kers of blomstaanders
  • 2x Konfetti staanders
  • 2x Groot kers staanders
  • Register tafel
  • Pragtige yster muurbehangsels beskikbaar vir blomme rangskikings

Onthaalsaal                 

  • Voorbereiding en opruim van lokaal
  • Koordineerder aan diens gedurende die aand
  • 20 Ronde tafels (6-8 persone) en 166 Yster stoele
  • Ystermuurbehangsels met olielampies;  of beskikbaar vir blomme rangskikkings
  • Koek en geskenktafel
  • Tafeldoeke (beperkte kleure in voorraad)
  • Organza “overlays” en stoel strikke (beperkte kleure in voorraad)
  • Materiaalservette (beperkte kleure in voorraad)
  • Onderborde
  • Standaard eetgerei
  • Wyn/vonkelwyn glase
  • Tafelnommers en Tafel aanwysingsbord op esel
  • Gratis Sjerrie of Sangria of Vrugtesap  na kerkdiens
  • Gratis koffie en tee
  • Kontant kroeg & kroegman
  • Kelners
  • Buffet ete
  • Bruidstafel met “Fairy lights”
  • Dansvloer met “Fairy lights”
  • Bruid aantrekkamer & suite
  • Veilige parkering vir gaste met sekuriteitswag

Spyskaart

Warm Kombinasie buffet (insluitend voorgereg, hoofgereg, nagereg. Addisionele vingerhappie borde kan bestel word.
(+/- 23 gaste).

 

VOORGEREG

Starter
OF
Vingerhappies (na kerkdiens)
Kies 1 van die volgende

Phillodeeg bakkies met ham, sampioene, kaas
Peri – Peri Room hoenderlewertjies
Boere Nachos met salsa en kaas
Butternut sop en broodrolletjie
Geroomde broccoli sop en broodrolletjie
OF
Verskeidenheid vingerhappies (5 per persoon) na kerkdiens

 

HOOFGEREG

 

Vleis
Kies 2 van die volgende
(Ekstra vleis teen R15 pp)

Hoenderpastei
Blatjang & Mayonnaise hoederdye
Chakalaka hoenderdye
Bees Lasagne
Bees bredie
Geroosterde bees skywe
Lam bredie (addisionele R15 pp)
Geroosterde lamsboud skywe met mint sous (addisionele R15 pp)
Gerookte gammon met mosterd sous
Geroosterde vark skywe met soet mosterd sous
Soet en suur vark repies

Kies een sous
Peper sous
Sampioen sous

 

Groente
Kies 3 van die volgende

Tradisionele pampoen
Pampoen poffertjies met karamelsous
Soetwortels
Tradisionele wortels (aartappels/uie)
Geroosterde groente
Room spinasie met feta kaas
Boontjies met spek
Tradisionele boontjies (aartappels/uie)
Gebraaide Patats

 

Stylsel
Kies 2 van die volgende

Aartappelgebak met spek, room en kaas
Gebraaide aartappels
Aartappels met knoffel botter en pietersielie
Wit rys
Spesery rys

 

Slaai

Kerrie noodle slaai
Beet slaai
3 Bone slaai
Mengel slaai

 

Nagereg

Nagereg buffet tafel
Koffie en Tee

Kelners

Slegs ses (6) kelners is beskikbaar vir u funskie tot 24 :00 in die somer en 23 :00 in die winter afhangende van u tyd van u troue. Die kelners is verantwoordelik vir die afdek van u tafel en drank bestellings. Een (1) kelner word aanbeveel vir twee tafels, asook een (1) vir die bruidstafel. Ekstra kelners kan gehuur word teen R200.00 per kelner.  

Kroegfasiliteite 

Ons is ‘n gelisensieerde besigheid en kan dus voorsien in al u behoeftes ten opsigte van drank.  ‘n Kurkfooi van R45.00 per bottle (750ml) sal gehef word indien u, u eie wyn/vonkelwyn saambring. Slegs 2 bottels per tafel word toe gelaat. Geen ander alkohol of koeldrank sal op die perseel toegelaat word nie. Doen navrae by Zakopane vir u keuse van vonkelwyn en wyn pryse. Een (1) kroegman is beskikbaar vir die duur van u funksie (kroeg sluit 01:00 in die somer en 24:00 in die winter). ‘n Ekstra kroegman word aanbeveel indien daar meer as 80 gaste is. Ekstra kroegman – R450.00. Zakopane sal n ekstra Barman op u rekening byvoeg indien u meer as 85 gaste het.

DJ

  • Zakopane voorsien nie ‘n DJ nie. DJ moet asb by reëls van zakopane hou.
  • Geen harde musiek of bas. Bestuur diskresie. Maak asb seker u DJ kennis dra hiervan.
  • Die bestuurder aandiens by Zakopane Country Village sal sy eie diskresie gebruik met betreking tot die bestuur van die musiek by venue. Die DJ moet kennis dra hiervan en die musiek beheer om nie die limiet van 85 desibels te oorskry nie.
  • Musiek moet streng om 01:00 af geskakel word in die somer en 24:00 in die winter aghangende van u tyd van u troue.

Bruid suite & Aantrekkamer

Die bruid suite is beskikbaar vanaf 08:00 die dag van troue en moet ontruim wees die volgende oggend om 09:00. Slegs die bruid suite is gratis en sluit ‘n kontinentale ontbyt in. Indien die bruidspaar ‘n addisionele aantrek kamer benodig, kan ons dit vir u reserveer teen ‘n addisonele koste van R300.00 (ontbyt en oornag fasiliteit uitgesluit).

Bruide wat op vrydae trou kan klaar maak in bruisdskamer nommer 1, maar slaap in bruidskamer nommer 2.
Bruide wat saterdae trou maak klaar in bruidskamer nommer 1 en slaap daar oor die aand van troue.
2de bruidskamer word slegs gebruik vir die bruid of bruidegom en nie vir gaste om in oor te slaap nie.
Slegs saterdae se bruide kan die 2de bruidskamer uitboek, maar slegs aan ouers van bruid of bruidegom die koste is R700 (ontbyt ingesluit).
Indien ‘n bruid op ‘n Vrydag trou is sy steeds welkom om in die 1ste bruidskamer reg te maak, maar moet in die 2de bruidskamer slaap, omdat die 1ste kamer reggemaak moet word vir die Saterdag troue.

  • Geen drink of eet- verversings word voorsien deur Zakopane.
  • Geen skoonmaak diens word in die bruid suite of aantrek kamer gedoen tydens die verblyf of klaarmaak van die bruidspaar en gevolg nie. 

Akkomodasie

‘n 100% Betaling word verlang binne 7 dae vanaf bespreking. Zakopane is nie ‘n vakansie oord en bied geen aktiwiteite. Laat betalings moet ten volle betaal wees alvorens die sleutels oorhandig sal word.  Geen lugreëling, mini bar, televisie of skoonmaakdiens is beskikbaar in die oornag/familie kamers nie.

Die oornag/familie kamer sleutels is beskikbaar vanaf 13:00 - 16:00 op die dag van u troue. Haal sleutels af by die ontvangs (ingang by die venue).

  • 18 x Oornag kamers is beskikbaar. Maksimum van 2 persone wat deel. R680.00 per kamer – insluitend kontinentale ontbyt.
  • 4 x Familie kamers is beskikbaar. Maksimum van 4 persone wat deel. R340.00 per persoon of R1360 per eenheid – insluitend kontinentale ontbyt.
  • 2x Familie kamers is beskikbaar. Maksimum van 6 persone wat deel. R340.00 per persoon of R2040 per eenheid – insluitend kontinentale ontbyt.
  • Ons nooi u gaste uit wat nie by Zakopane oorslaap om die oggend saam met die bruidspaar ontbyt te geniet. Die kontinentale ontbyt is R95.00 pp.
  •  Kinders onder 5 jaar eet gratis en kinders 5-10 jaar R50.00 pp.

Enkel persoon wat oorslaap in n kamer betaal n bedrag van R440 insluitend n kontinentale ontbyt.

Bruidskamer nommer 2. R780 per eenheid - Insluitend kontinentale ontbyt.

Kantoor

Kantoor is weekliks oop vanaf 08:00 – 13:00 vir enige algemene navrae.

Besigtiging van die venue

U is welkom om Zakopane te kom besigtig op Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 16:00 en Sondae 10:00 – 14:00 Geen ander tye/dae sal besoekers toegelaat word nie. Dis ‘n oop plan venue en dus nie nodig vir ‘n afspraak nie. Daar sal iemand beskikbaar wees tot 13:00 om u die venue te wys.

Verhuurings

U kan ook addisionele items vir u troue in huur by Zakopane oa kandelare, onderborde, ens. Skakel gerus die kantoor vir meer inligting.

Terme en Voorwaardes*

Slegs van toepassing op Weeksdae en Sondae troues: die venue is alleenlik beskikbaar vanaf 11:00 – 18:00. Die kroegman en kelners is beskikbaar met die aanvangs van u troue tot 18:00.

“Food tasting”

Zakopane nooi u uit vir ‘n “food tasting” elke einde van die maand op ‘n Sondag.
Bespreek asb vroegtydig.

Padkaart

Garmen  25°39.812’SOUTH   27°48.624’EAST
Tom Tom 25° 39' 49. 21 SOUTH / 27° 48' 37. 78 EAST

Neem kennis dat Zakopane oor geen kaart fasiliteite beskik en slegs kontant aanvaar word.

Deposito

Indien u ‘n datum bespreek sal dit slegs vir sewe dae gehou word. ‘n Deposito van R3500 word verlang om u bespreking te bevestig. Hierdie deposito is nie terugbetaalbaar in die geval van kansellasie. Indien daar enige skade aan die perseel aangebring is, insluitend    
breekskade en kerswas op die tafeldoeke sal dit eers vereffen word alvorens terugbetaling sal geskied veertien (14) dae na afloop van u troue. Indien u belangstel om u troue by Zakopane te hou, betaal asseblief die deposito binne sewe (7) dae.

Deposito betalings

ZAKOPANE EVENTS
FNB – BRITS
Tjek Rekening nr:  62207750234
REF:  Bruid se naam & datum van troue

Verwysings

Dj
Harry: 073 748 6194

Blomme 
Daizy Flowers: 082 043 9423

Hare
Michelle :072 601 7137