Inligting Pakket - 2020 Winter Vol Prys
Vrydae
R41 250 vir 100 gaste
- Meer as 100 gaste – plus R200.00 per persoon
Saterdae
R48 125 vir 100 gaste
- Meer as 100 gaste – plus R200.00 per persoon
Sondae / Weeksdae
R30 125 vir 100 gaste
- Meer as 100 gaste – plus R200.00 per persoon
*Minimum 80 persone – Maksimum 200 persone
*Die venue is beskikbaar vir streng 9 ure, bv. 15:00-24:00 of 16:00-01:00
Neem kennis: NIKS LATER AS 01:00. Tydens die winter pakket SLEGS TOT 24:00
INGESLUIT BY DIE PRYS:
Kapel
- Podium
- 6x Kers of blomstaanders
- 2x Konfetti staanders
- 2x Groot kers staanders
- Register tafel
- Pragtige yster muurbehangsels beskikbaar vir blomme rangskikings
Onthaalsaal
- Voorbereiding en opruim van lokaal
- Koordineerder aan diens gedurende die aand
- 20 Ronde tafels (6-8 persone) en 200 Yster stoele
- Ystermuurbehangsels met olielampies; of beskikbaar vir blomme rangskikkings
- Koek en geskenktafel
- Tafeldoeke (beperkte kleure in voorraad)
- Organza “overlays” en stoel strikke (beperkte kleure in voorraad)
- Materiaalservette (beperkte kleure in voorraad)
- Onderborde Silver (ander kleure teen beskikbaarheid)
- Standaard eetgerei
- Wyn/vonkelwyn glase
- Tafelnommers en Tafel aanwysingsbord op esel
- Gratis koffie en tee
- Kontant kroeg & kroegman
- Kelners
- Buffet ete
- Bruidstafel met “Fairy lights”
- Dansvloer met “Fairy lights”
- Bruid aantrekkamer & suite
- Veilige parkering vir gaste met sekuriteitswag
Spyskaart
Addisionele vingerhappie borde en harvest tafel kan bestel word.
VOORGEREG |
Starter |
Phillodeeg bakkies met ham, sampioene, kaas OF |
HOOFGEREG |
Vleis |
Hoenderpastei Kies een sous |
Groente |
Tradisionele pampoen |
Stylsel |
Aartappelgebak met room en kaas |
Slaai |
Kerrie noodle slaai |
Nagereg |
Roomys |
Kelners
Slegs ses (6) kelners is beskikbaar vir u funskie tot 24 :00 in die somer en winter en 20 :00 op Sondae en Weeksdae. Die kelners is verantwoordelik vir die afdek van u tafel en drank bestellings. Een (1) kelner word aanbeveel vir twee tafels, asook een (1) vir die bruidstafel. Ekstra kelners kan gehuur word teen R220.00 per kelner.
Kroegfasiliteite
Ons is ‘n gelisensieerde besigheid en kan dus voorsien in al u behoeftes ten opsigte van drank. ‘n Kurkfooi van R45.00 per bottle (750ml) sal gehef word indien u, u eie wyn/vonkelwyn saambring. Slegs 2 bottels per tafel word toe gelaat. Geen ander alkohol of koeldrank sal op die perseel toegelaat word nie. Doen navrae by Zakopane vir u keuse van vonkelwyn en wyn pryse. Een (1) kroegman is beskikbaar vir die duur van u funksie (kroeg sluit 01:00 in die somer, 24:00 in die winter en 21 :00 op Sondae en Weeksdae). ‘n Ekstra kroegman word aanbeveel indien daar meer as 80 gaste is. Ekstra kroegman – R470.00. Zakopane sal n ekstra Barman op u rekening byvoeg indien u meer as 85 gaste het.
DJ
- Zakopane voorsien nie ‘n DJ nie. DJ moet asb by reëls van zakopane hou.
- Geen harde musiek of bas. Bestuur diskresie. Maak asb seker u DJ kennis dra hiervan.
- Die bestuurder aandiens by Zakopane Country Village sal sy eie diskresie gebruik met betreking tot die bestuur van die musiek by venue. Die DJ moet kennis dra hiervan en die musiek beheer om nie die limiet van 85 desibels te oorskry nie.
- Musiek moet streng om 01:00 af geskakel word in die somer, 24:00 in die winter en 21 :00 op Sondae en Weeksdae.
Bruid suite & Aantrekkamer
Die bruid suite is beskikbaar vanaf 08:00 die dag van troue en moet ontruim wees die volgende oggend om 09:00. Slegs die bruid suite is gratis en sluit ‘n kontinentale ontbyt in. Indien die bruidspaar ‘n addisionele aantrek kamer benodig, kan ons dit vir u reserveer teen ‘n addisonele koste van R350.00 (ontbyt en oornag fasiliteit uitgesluit).
Bruide wat op vrydae trou kan klaar maak in bruisdskamer nommer 1, maar slaap in bruidskamer nommer 2. Alle persoonlike items moet op aand van troue verwyder word uit bruidskamer 1.
Bruide wat saterdae trou maak klaar in bruidskamer nommer 1 en slaap daar oor die aand van troue.
2de bruidskamer word slegs gebruik vir die bruid of bruidegom en nie vir gaste om in oor te slaap nie.
Slegs saterdae se bruide kan die 2de bruidskamer uitboek, maar slegs aan ouers van bruid of bruidegom die koste is R800 (ontbyt ingesluit).
- Geen drink of eet- verversings word voorsien deur Zakopane.
- Geen skoonmaak diens word in die bruid suite of aantrek kamer gedoen tydens die verblyf of klaarmaak van die bruidspaar en gevolg nie.
Akkomodasie
‘n 100% Betaling word verlang binne 7 dae vanaf bespreking. Zakopane is nie ‘n vakansie oord en bied geen aktiwiteite. Laat betalings moet ten volle betaal wees alvorens die sleutels oorhandig sal word. Geen lugreëling, mini bar, televisie of skoonmaakdiens is beskikbaar in die oornag/familie kamers nie.
Die oornag/familie kamer sleutels is beskikbaar vanaf 13:00 - 16:00 op die dag van u troue. Haal sleutels af by die ontvangs (ingang by die venue).
- 14 x Oornag kamers is beskikbaar. Maksimum van 2 persone wat deel. R700.00 per kamer – insluitend kontinentale ontbyt.
- 2 x Familie kamers is beskikbaar. Maksimum van 4 persone wat deel. R350.00 per persoon of R1400 per eenheid – insluitend kontinentale ontbyt.
- 1x Familie kamers is beskikbaar. Maksimum van 6 persone wat deel. R350.00 per persoon of R2100 per eenheid – insluitend kontinentale ontbyt.
- Addisionele akkomodasie vir 26 persone beskikbaar . Doen navrae by kantoor.
- Ons nooi u gaste uit wat nie by Zakopane oorslaap om die oggend saam met die bruidspaar ontbyt te geniet. Die kontinentale ontbyt is R95.00 pp.
- Kinders onder 5 jaar eet gratis en kinders 5-10 jaar R50.00 pp.
Enkel persoon wat oorslaap in n kamer betaal n bedrag van R450 insluitend n kontinentale ontbyt.
Bruidskamer nommer 2. R800 per eenheid - Insluitend kontinentale ontbyt.
Kantoor
Kantoor is weekliks oop vanaf 08:00 – 13:00 vir enige algemene navrae.
Besigtiging van die venue
U is welkom om Zakopane te kom besigtig op Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 16:00 en Sondae 10:00 – 14:00 Geen ander tye/dae sal besoekers toegelaat word nie. Dis ‘n oop plan venue en dus nie nodig vir ‘n afspraak nie.
Padkaart
Garmen 25°39.812’SOUTH 27°48.624’EAST
Tom Tom 25° 39' 49. 21 SOUTH / 27° 48' 37. 78 EAST
Neem kennis dat Zakopane oor geen kaart fasiliteite beskik en slegs kontant aanvaar word.
Deposito
Indien u ‘n datum bespreek sal dit slegs vir sewe dae gehou word. ‘n Deposito van R3500 word verlang om u bespreking te bevestig. Hierdie deposito is nie terugbetaalbaar in die geval van kansellasie. Indien daar enige skade aan die perseel aangebring is, insluitend
breekskade en kerswas op die tafeldoeke sal dit eers vereffen word alvorens terugbetaling sal geskied veertien (14) dae na afloop van u troue. Indien u belangstel om u troue by Zakopane te hou, betaal asseblief die deposito binne sewe (7) dae.
Deposito betalings
ZAKOPANE EVENTS
FNB – BRITS
Tjek Rekening nr: 62207750234
REF: Bruid se naam & datum van troue